King Price en Kyknet het kragte gesmee met Hilltop Live om ’n prettige, familie karnival, gevul met unieke musiek en vermaak, op die planke te bring.

1 April mag dalk Gekkedag wees, maar die Lekkerland Carnival is verseker geen grappie nie.

Daar word ‘n wye verskeidenheid musiekvertonings by geselekteerde restaurante en lokale op die Vrydag en Saterdag aangebied. Die Lekkerland Carnival sal egter op Saterdag, 1 April, volstoom by die plaaslike park, die Dullstroom Village Green, plaasvind. Die Heuwels Fantasties, Matthew Mole en Riana Nel is die kunstenaars wat die septer swaai by die hoofvertoning. Hul word ondersteun deur die kunstenaars Valiant Swart, The Oh So Serious en Josie Field, asook Laurie Levine. Die BDI Street Permance troep sal die strate troebadoer in Dullstroom. Die Lekkerland Carnival is kindervriendelik en spog met ‘n kinderarena, ‘n verskeidenheid vermaaklikheidskunstenaars, akrobate, kosstalletjies en ‘n mikrobiertent.

Dullstroom, wat met reg kan spog met die titel vir “Die Beste klein dorpie in Suid-Afrika”, het ‘n verskeidenheid interessante winkels, galerye en restaurante. Ander heerlike feestelikhede sluit in whiskey en mikrobier vir die fynproewer, afgerond met ‘n verskeidenheid kase, lip-lek-lekker kosstalletjies en ‘n groot verskeidenheid kuns en handvlyt aktiwiteite vir die kinders.
Aangesien Dullstroom ‘n skamele 2.5-uur rit vanaf beide Johannesburg en Pretoria is, bied die Lekkerland Carnival die optimale geleentheid vir ‘n mini-wegbreek aan die einde van die eerste kwartaal … en besoekers word aangemoedig om sommer die hele naweek te benut.

Lekkerland skop die Saterdag om 9 vm af en eindig eers saans na 8 nm. Kaartjies sluit toegang tot die musiekvertonings van 31 Maart- 2 April in – sitplekke is egter beperk, so bespreek asseblief vroegtydig om teleurstelling te voorkom.

Wanneer: Saterdag 1 April; 10VM tot 8NM
Waar: Dullstroom Green, Dullstroom (Mpumalanga)
Kaartjie Koste: R135 Volwassenes | Kinders onder 12 jaar gratis toegang
Sosiale Media: Facebook, Twitter and Instagram: @lekkerlandza
Hashtags: #lekkerlandZA #lekkerlandcarnival #lekker #dullstroom

Sluit aan by die Gesprek

3 Kommentare

  1. To whom it may concern

    Who is the right person to contact regarding submitting to perform at the music festival?

    Thanks

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar