Buite Land is die nuutste drama deur die multibekroonde teatermaker en skrywer Neil Coppen.
Die teks is oorspronklik ontwikkel in vennootskap met die Markteaterstigting en die Royal Court in Londen. Dit fokus op die verstrengelde lewens en drome van twee Suid-Afrikaanse mans.
Jacques is ’n Afrikaanse narkotiseur en werk in ’n gemeenskapshospitaal in Pietermaritzburg. Sizwe is ’n Zoeloesprekende choreograaf en student aan die Universiteit van KwaZulu-Natal, wat ’n roeping (ukuthwasa) om ’n sangoma te word van sy voorvaders ontvang.
Albei mans het in konserwatiewe gemeenskappe grootgeword en probeer om ’n bestaan te maak, weg van die kulturele, historiese en geloofsbande wat hulle tot hul verlede bind.
Jacques en Sizwe ontmoet vir vlugtige seks, maar wat as ’n vlietende ontmoeting beplan is, verander in ’n diepsinnige reis na ’n gedeelde bewustheid en ’n verkenning van onsigbare bande wat tussen godsdiens en wetenskap, medisyne en geloof en onthou en vergeet bestaan.
Gratis gesprek met die geselskap ná die vertoning op 13 April 16:15.
* Debuut *
Met: Elize Cawood, Jacques Bessenger, Kopano Maroga, Ntombi Gasa, Mpume Mthombeni en Marvin-Lee Beukes
Regie, teks en ontwerp: Neil Coppen
Vertaling: Amy Jephta uit NewFoundLand
Stelontwerp: Vaughn Sadie
Kostuumontwerp: Dylan McGarry
Beligtingsontwerp: Tina le Roux
Produksie- en verhoogbestuurder: Sone Theron
Vervaardiger: Kunste Onbeperk
Genre: Drama
Taal: Afrikaans, Zoeloe en Engels
Ouderdomsbeperking: 16 –
Tydsduur: 1 uur 30 minute
Kaartjies: R130
Plek: Johnny Bisschoff-saal, Oudtshoorn
Datum: 8 April 19:30; 9 April 09:30; 10 April 14:30; 11 April 19:30; 13 April 14:30; 14 April 09:30; 15 April 09:30
KKNK 2017
Buite Land
Buite Land
Roekeloos
4.5