Madame Zingara se nuwe produksie, The Celebration, begin 7 Julie 2015 in Kaapstad op die Grand Parade.
Die nuwe produksie kry ’n splinternuwe venue in die vorm van ’n Belgiese drieverdieping-spiegelpaleis genaamd The Queen of Flanders – balkonne en al.
The Celebration is die grootste toergeselskap van sy soort. Daar is die afgelope 14 maande voorberei vir die produksie, met kunstenaars uit 16 lande. Gastronome wag ook in spanning vir die nuwe vyfgang spyskaart.
Kaapstad kom eerste aan die beurt as die spiegelpaleis se deure oopmaak op 7 Julie op die Grand Parade. Die paleis staan tot 26 September in Kaapstad voor dit na Johannesburg vertrek vir die speelvak vanaf 22 Oktober tot 31 Desember 2015.
Kaartjies wissel van R650 tot R950. Dit kan bespreek word by 0861 623 263 of boxoffice@madamezingara.com

