One Flew Over the Cuckoo’s Nest

Volgens ‘n naslaanbron, is die titel van die boek afgelei van ‘n wiegeliedjie uit die Mother Goose reeks met die naam Vintery, Mintery, Cutery, Corn: “The ones that fly east and west are diametrically opposed to each other and represent the two combatants in the film. The one that flies over the cuckoo’s nest (the mental hospital filled with “cuckoo” patients) is the giant, ‘deaf-mute’ Chief:
Vintery, mintery, cutery, corn,
Apple seed and apple thorn;
Wire, briar, limber lock,
Three geese in a flock.
One flew east,
And one flew west,
And one flew over the cuckoo’s nest.

One Flew Over the Cuckoo’s Nest (1975) is een van Amerika en die Tjeg, Milos Forman, se grootstes. Volgens naslaanbronne, die sewende bes betaalde rolprent van sy tyd met ‘n loketinkomste van digby $300 miljoen wêreldwyd. Die onafhanklik vervaardigde rolprent was die eerste film (naas It Happened One Night, 1934) om al die belangrikste toekennings te kry: Beste Film (met Spielberg se Jaws en Altman se Nashville as kompetisie), Beste Regisseur, Beste Rolprentdrama en Beste Akteur en Aktrise (Jack Nicholson as McMurphy en Louise Fletcher as verpleegster Ratched) om maar enkeles te noem.

Jack Nicholson se toneelpersona was ideaal om die heroïese rebel Randall Patrick McMurphy te speel, veral na films soos Easy Rider en Five Easy Pieces. Ook was dit die sewentigerjare met sy baby boom-kultuur, die tyd was reg vir ‘n film met temas van rebelse verset en selfgelding téén die onderdrukking en burokrasie.

Die film se allegoriese tema speel af in Oregon Staatshospitaal in Salem Oregon, ‘n inrigting vir sielsiekes en ‘n plek waar opstand aangeblaas word deur ‘n energieke, flambojante allesweter en anti-held wat die establishment, institusionele gesag en status quo houdings, soos verpersoonlik deur die toesighoudende verpleegster, uitdaag. In die slottonele van die film, ondergaan McMurphy ‘n frontale lobomotie – ‘n kontroversiële prosedure wat algemene praktyk was op sielsiekes in die periode 1930 tot 1950 (vergelyk die rolprent oor die lewe van Frances Farmer met Jessica Lange in die hoofrol) en sterf kort daarna ‘n ‘genadedood’, toegedien deur ‘n huisgenoot wat ontsnap uit die ‘cuckoo’s nest’ en mede huisgenote (anders as in die boek deur Ken Kesey) agterlaat.

Die teater, ontwerp in die styl van Louis XVIe, was oorspronklik genoem The Hicks Theatre na die akteur-bestuurder Seymour Hicks, later The Globe (1909) en in November 1994 is die naam verander na The Gielgud ter ere van die akteur John Gielgud en om verwarring met Shakespeare se Globe in Londen uit te skakel. The Gielgud met sy ovaalvormige gallery en hoë verhoog is opgeknap in 1987, en die venue vir die nuwe verhoogweergawe van dié kultusfilm. (Die eerste verhoogverwerking was in 1963, op Broadway, en met Kirk Douglas in die hoofrol.)

Met sulke indrukwekkende krediete en die enigmatiese Jack Nicholson wat deur generasies heen assosieer word met die rol van McMurphy, is dit braaf van enige akteur om sy skoene te wil volstaan, maar die ewe charismatiese Slater, met meer as vyftig rolprente agter sy naam as akteur (onder meer Windtalkers, The Good Shepherd, Interview with the Vampire, Hard Rain, Robin Hood: Prince of Thieves), en digby die twintig rolprente en produksies as vervaardiger en regisseur (hy en sy vrou bedryf die maatskappy Clean Slate) het almal wat mog dink hy gaan bloot ‘n Jack-ding doen, op hulle neuse laat kyk. Die teks, soos die draaiboek en die kultusroman van 1962 waarvan meer as 8 miljoen kopieë verkoop is, transendeer temas en intriges verby die gebeure in die sestigs (wanpraktyke in sielsieke inrigtings, die Vietnam Oorlog ens.) en vorm ‘n belangrike deel van die na-oorlogse letterkunde.

Belangrik seker om te vra of Nicholson en daardie sardoniese glimlag nog voor jou opdoem, en of Slater daarin slaag om sy eie stempel af te druk? Die eerste om so te maak in die dertig jaar wat verstryk het na Forman se fliek? Slater maak met Cuckoo’s Nest sy West End-debuut (en los sy ego vir ‘n verandering by die huis). Sy vertolking is nie net geloofwaardig nie, maar ‘n kragtoer sonder die fisieke brutaliteit wat jy sou verwag by ‘n stuk waar ‘kranksinniges’ met dwelms en elektrodes in toom gehou moet word. Sy vertolking steun op sjarme en hoogs vermaaklike oomblikke met die onderskeie (goed gedefinieerde) karakters. Oomblikke waarmee hy hulle guns wen en die norm dat gehoorsaamheid en inskiklikheid aanduidings is van geestesgesondheid, die nek inslaan. Trouens dit is een van die groot komplimente vir dié stuk. Die sinergie wat bestaan tussen die akteurs en tussen die karakters (ek sê dit doelbewus want die minsaamheid en samewerking op die verhoog is tasbaar en verdien vermelding). Dit bind die akteurs soos die karakters en die stuk as ‘n geheel.

Die produksie was nie sonder sy kwota probleme nie. Die oorspronklike regisseur, Guy Masterson, is enkele weke voor openingsaand vervang met Johnson en Harvey. Openingsaand is vier keer uitgestel weens Slater se gesondheid (hy het waterpokkies opgedoen en kon nie die laaste tien dae se repetisies bywoon nie, maar slaag daarin om die karakter sy eie te maak, die staande ovasie getuig immers daarvan).

Naas Slater se enorme verhoogpersoonlikheid, moet die spel van die talentvolle Frances Barber as Nurse Ratched, Mackenzie Crook as Billy Bibbitt (Crook is bekend om die karakter Gareth Kennan in die Britse sitkom The Office), Stephen K. Amos in die rol van Aide Warren, Dave Johns as Ruckly en Brendan Dempsey as Chief Bromden, uitgesonder word.

Frances Barber se vertolking van Nurse Ratched (“rat-shit” volgens McMurphy), het lof uit alle oorde gekry. Sy skep ‘n drie-dimensionele karakter met vele geraamtes in die kas, onderdruk haar seksualiteit (‘n eienskap wat McMurphy gou optel en haar mee tart) en haar skuldige gewete manifesteer homself in gesagmisbruik, maar soms was haar vertolking (beide vreesaanjaend en uitlokkend) net té oordrewe.

Die stuk het net soveel kamee vertolkings as wat daar karakters is. Mackenzie Crook in die rol van die stotterende Billy Bibbitt is wêrelde verwyder van die dom astrante kantoorklerk in The Office en sy dood in die slottonele laat ‘n wrang smaak in die mond oor dié soort inrigtings en sy behandelingsmetodes. Stephen K. Amos en sy besem is soos ‘n weerligantenna wat die spanning help verlig.

Volgens Kesey se boek is die karakter van die stom Amerikaanse inboorling Chief Bromden, ‘n skisofreen en die sentrale figuur in die roman (hy tree op as verteller in die eerste persoon). Een bron vertel van Kesey se uitbarstings en dagvaarding van die Forman-fliek omdat aan die vertellersperspektief gepeuter is. Dit wil lyk of Wasserman dit in ag geneem het met die West End-produksie, want Bromden vertel wéér die storie maar die keer deur middel van ‘n opname. Sy stem word voorgespeel tussen tonele met gepaardgaande beligtingseffekte en byklanke, met hom alleen op die verhoog, en soms as ‘n denkbeeldige gesprek met sy alkoholis pa, “.it was not suppose to be like this papa?” Die verhoogruimte word ten volle benut en die dekorstel is klinies en minimalistiese met onbereikbaar klein vensters wat die vertellings na hallusinasies laat lyk. Brendan Dempsey is net so imposant in vertolking en voorkoms soos Will Sampson in die rolprentweergawe en sy vertolking herinner baie aan dié van Michael Duncan (as John Coffey) in die film The Green Mile. Hy bring ‘n stille waardigheid na die verhoog en al weet jy wat om te verwag, sorg die ontknoping steeds vir allerlei verrassings.

Doem Nicholson nog voor jou op? Belangriker is die vrae wat Dominic Cavendish, hoof teaterkritikus van The Daily Telegraph in die programnotas vra, ‘n uittreksel volg hieronder:

“If you leave this production of One Flew Over the Cuckoo’s Nest angered and indignant at the barbarity of the treatment inflicted on RP McMurphy and his fellow inmates, inflamed by a fictional indictment of US psychiatric ‘care’ circa 1962, then don’t fall into the trap of reassuring yourself that ‘at least that sort of thing doesn’t happen any more’. The most shocking thing about Dale Wasserman’s adaptation is that it can be held up as a play for today: the old asylums have been shut down in the drive towards ‘care in the community’ but in certain respects, what went on back then, goes on now.

That might sound wildly sensationalist but it’s a conclusion easily drawn from readily available sources of information. I’m a theatre reviewer not a health correspondent; when I went online to gain a greater understanding of the procedures referred to in the play, and to see whether the abuses described – based on Kesey’s own experience of working on psychiatric wards in the late 50s – could be corroborated by published testimonies, I didn’t expect to find present-day parallels. Call me naïve, but because Cuckoo’s Nest is so fixed in the mind through its 1975 film incarnation, I’d assumed it was a museum piece.

Yes, of course I knew that psychiatric medicine is big business. An early sequence in the film shows patients queuing up for their daily dose with the beatific expectancy of those receiving holy communion – and that image is more pertinent than ever. A quarter of drugs prescribed by the NHS every year are for mental health problems; the amount spent on anti-depressants has soared. In the States, George Bush has declared war on mental illness, proclaiming: ‘Mental disability is not a scandal, it is an illness. And like physical illness, it is treatable, especially when the treatment comes early.’ For the foreseeable future, Americans will – like us – keep taking the pills. In itself this is concerning but it’s what else that’s on offer for those in need of treatment that ferments nightmares.

The dreaded lobotomy, the final weapon in Nurse Ratched’s armoury enabling her to deal with recalcitrant patients, has long been discredited – its reputation indelibly associated with heartbreaking stories of patients left brain-damaged, among them – most famously – Tennessee Williams’ sister Rose and John Kennedy’s sister Rosemary.”

Die Daily Telegraph se resensent voel die stuk is nou net reg vir die argiewe, (.”Johnson was right to keep the piece in period, for it is now just that: a period piece that lacks what it most abhors – authority.”) maar vir diegene wat blootgestel word aan mediese krisisse (soos die National Health Service oftewel NHS) in Engeland byvoorbeeld of familie en vriende het met geestesprobleme, is die stuk nog net so relevant. Die BBC het juis in dié week (23 Februarie 2005) berig van ‘n man wat in ‘n kamer in ‘n inrigting vir geesterversteurdes opgesluit was in die hoop dat dit hom van sy eet-manie sal genees. Sy familie het nie hulle toestemming hiertoe verleen nie. Geestesgesondheid bly ‘n kontroversiële onderwerp, een wat jou met meer vrae as antwoorde laat.

Intussen het Slater onlangs buite die teater, en na afloop van die vertoning, ‘n mesaanval vrygespring.
Die prys van roem tog, .sug!

Na ´n aand van pret en plesier met ´n veel jonger meisie as hyself, word McMurphy na ´n inrigting vir geestes versteurdes (Oregon State Hospital in Salem, Oregon) gestuur vir evaluasie. Hier word hy gekonfronteer met verdrukking en die establishment, maar slaag nietemin daarin om mede pasiënte te vermaak en sommige selfs in opstand te bring, ´n opstand wat ´n reeks tragiese gebeure tot gevolg het.

Die toneelstuk is baseer op een van die grootste romans van alle tye sowel as die kultus rolprent met Jack Nicholson in die hoofrol. McMurphy dring aan op basies menseregte en loods ´n reeks protesaksies teen die reëls in die vorm van drinkpartye en uitstappies. One Flew Over the Cuckoo’s Nest is nog net so rebels, relevant en skokkend.

Christian Slater, een van Hollywood se mees charismatiese en enigmatiese akteurs maak met Cuckoo’s Nest sy West End debuut in die rol van McMurphy. Rolprente wat hom gesog en beroemd gemaak het, was onder meer Interview with the Vampire, Robin Hood, Prince of Thieves, Hard Rain, The Name of the Rose en The Legend of Billie Jean.

Mackenzie Crook, gerespekteerde akteur en bekend om sy rol as Gareth in die BBC se The Office, sowel as die multi bekroonde aktrise Frances Barber maak deel uit van die 15 tal rolverdeling.

“Eenvoudig fenominaal, die toneelspel is uit die boonste rakke!” – Mariska de Beer

 

skrywer: Haydee Hollander

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar