Peter G

Peter G is op sy jeugdige ouderdom reeds een van Suid-Afrika se gewildste skerpskerts kulkunstenaars.

Op die ouderdom van 23 jaar, vermaak hy al gehore vir meer as tien jaar met sy verbysterende toertjies en vlymskerp humor.

Ten spyte van sy graad in menslike hulpbronbestuur en die feit dat hy reeds vele toekennings as akteur verwerf het, is dit sy liefde vir die kulkuns waarvan hy graag ‘n loopbaan wil maak.

In die Seychelle het hy die Prins van Dubai betower en hy het ook al in die Verenigde Koninkryk opgetree. Hierbenewens was hy by verskeie televisieproduksies en radioprogramme betrokke.

Almal wat al bevoorreg was om ‘n vertoning van Peter G by te woon, is dit eens dat sy besonderse sin vir humor wat met sy ongelooflike toertjies gepaardgaan, onvergeetlike vermaak is.

Peter G tree op 10 November om 20:30 in Die Boer in Durbanville op. Bring gerus jou metgesel saam na hierdie genotlike aand. Onthou, hy kan basies enige iets laat verdwyn. Skoonma’s welkom … Om te bespreek, skakel 021 979 1911.

(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)

Peter G
Peter G

Lewer kommentaar

Leave a Reply