Anna Emm Productions se kinderteater is ‘n fees van verbeelding, snaaksighede en fantasie!
As ‘n onderafdeling van hierdie gevestigde multimedia maatskappy, handhaaf die kinderteater-produksies ‘n hoë standaard wat kwaliteit en oorspronklikheid betref. Die helde is almal klein prinsies en prinsessies, want elke kind is in sy hart ‘n prinsie of prinsessie, en elke held in sy hart is ‘n kind wat glo dat die goeie die bose kan oorwin!
Prins Thomas is ‘n regte willewragtag. Hy is vir niks bang nie, en kan vir ure lank alleen in die bos speel. Dan verbeel hy hom hy is Spiderman en klim tot heel bo in die hoogste bome. Dis net vir ou Donker Dirk wat hy bang is. Maar dan kom die regte egte Willewragtag op ‘n dag vakansie hou in Prins Thomas se kamer. Saam-saam beraam hulle ‘n plan om van Donker Dirk ontslae te raak. Maar wie is op die ou end bang vir wie? En wat is ‘n Willewragtag nou eintlik?
(Stuur enige resensies of bydraes na bydraes by roekeloos.co.za)
