Singin’ in the Rain tref die vakansie

Singin’ in the Rain skop af in Suid-Afrika hierdie maand. Hierdie West End-treffer sal by Kunstekaap en Montecasino op die planke wees wanneer dit hier land na ’n toer in Nieu-Seeland, Hong Kong, die Filippyne en Singapoer. Die toer is voorafgegaan deur uitverkoopte sale in Brittanje en verskeie toekennings.

In die bekende toneel waar daar in die reën gedans word gebruik hulle 12 000 liter water, waarvan meeste herwin word. Dit is een van die groot hoogtepunte, maar as jy nie wil nat word nie moet jy uit die voorste drie rye bly.

Pieter Toerien staan agter die Suid-Afrikaanse been van die toer. Die Suid-Afrikaanse hoofrolle word behendig gevul deur Bethany Dickson (van Kaapstad) en Grant Almirall. Ander Suid-Afrikaanse name sluit in Steven van Wyk en James Borthwick. Anton Luitingh behartig die regie in Suid-Afrika en Duane Alexander sorg dat die choreografie ’n plaaslike styl het.

Singin’ in the Rain is gesinsvermaak met ’n oormaat lag, kleur, musiek en choreografie.

Singin’ in the Rain is by die Kunstekaaap vanaf 11 Desember tot 10 Januarie. Kaartjies is ’n bekostigbare R100 en is beskikbaar by Computicket.

Singin in the Rain
Singin in the Rain

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar