Stomp

‘n Woeste vermaaklikheidsvertoning wat die hart laat bons op die maat van aansteeklike ritmes wat 12 briljante kunstenaars, gesinkroniseerd uithamer met reuse binnebande, rubberpype, Zippo aanstekers, plastiese sakke, yster-asblikke, deksels, skottels, waterpype en, ja en selfs die kombuiswasbak!

En dan is daar besems wat ligvoetige dansmaats word, en ‘n ry opvoustoele wat tot ritmiese onderdanigheid bewerk word.

Kaartjies wissel van R75 tot R295 by die Kunstekaap Operahuis in Kaapstad.

Lewer kommentaar

Leave a Reply