Arthur Rimbaud (1854 – 1894), die enfant terrible van die Franse digkuns, het sy eerste gedig gepubliseer op die ouderdom van 16 jaar. Op 21 het hy die poësie vaarwel geroep.

Gedurende die kort tydperk het hy ’n corpus werk geskep wat ’n diepgaande invloed sou hê op die poësie van sy tyd en die van die 20ste eeu. André Breton, Dylan Thomas, Jack Kerouac, Bob Dylan, Patti Smith, Jim Morrison; kunstenaars en musikante wat deur sy werk beïnvloed is.

In The Alchemy of Words probeer drie kunstenaars – ’n poppespeler, rolprentmaker en musikant – die ontwykende Rimbaud vastrap. Hierdie produksie kombineer animasie, poppespel en musiek wat geïnspireer is deur die poësie van Arthur Rimbaud.

Met: Naomi van Niekerk, Yoann Pencolé & Arnaud van Vliet

Video & fotografie: Naomi van Niekerk
Musiek: Arnaud van Vliet
Pop-ontwerp: Yoann Pencolé, Arnaud van Vliet & Naomi van Niekerk

Genre: Woordkuns
Taal: English, Français
Ouderdomsbeperking: 10 –
Tydsduur: 50 minute
Kaartjies: R80
Plek: Rhodes Box, Grahamstad
Datum: 1 – 3 Julie 2017

Nasionale Kunstefees 2017


The Alchemy of Words
Arthur Rimbaud

The Alchemy of Words


3

(illustrasie: Naomi van Niekerk)

Lewer kommentaar

Leave a Reply