Sedert hul stigting in 1948, het die Tianjin Akrobatiese Geselskap ‘n groot bydrae gelewer tot die Sjinese akrobatiese kuns, en het verskeie belangrike nasionale en internasionale wedstryde gewen.
Dié talentvolle geselskap is tans by die Nasionale Kunstefees in Grahamstad. Hulle besoek ook Kaapstad met slegs een vertoning ná hulle gehore by die Nasionale Kunstefees betower het.
Kaartjies vir Kaapstad wissel van R150 tot R270 by die Operahuis op 12 Julie.
Nasionale Kunstefees 2011
