Up in smoke

Kairos is ’n jeugdramagroep van Heidelberg (Wes-Kaap) wat fokus op die ontwikkeling van jongmense wat in die kunste belangstel. Bekende sepiesterre soos Theodore Jantjies (Xander in 7de Laan), Christo Davids (Errol in 7de Laan) en Maurice Paige (Calvin Xavier in Isidingo) is produkte van dié groep.

In Up in smoke, wenner van die Eden Dramafees 2011, ondersoek ’n groep jongmense die sosiale invloede in hul gemeenskap en hoe dit ander beïnvloed.

Met: Willy Michaels, Melloney Marais, Delecia September, Marlin Davids, Peter-John Tieties, El-John Konna en Algavia China

Teks en regie: William Michaels

Vervaardiger: Kairos Dramagroep

KKNK 2012

Afrikaans
50 minute
R60
Griesselsaal, Oudtshoorn
1 April 10:00 2 April 14:30

Lewer kommentaar

Leave a Reply