Hierdie is Timothy Kieswetter se opvolg show tot sy gewilde Ken jou man se wortel. Vir sommige vrouens, is dit nie ‘n wortel nie, maar ‘n slang wat hulle erg afskrik. In Vang jou man se slang, kyk hy na die verhouding tussen vrou en slang. Die twee probeer mekaar uitoorlê met klomp verskillende tegnieke.

Timothy gaan vir jou die 10 mees hipnotiserende tegnieke leer hoe om jou man se slang te vang. Sodra die vrou voel sy verstaan en het ‘n hipnoties effek op die slang, kan haar verhouding met hom gaan van vyandskap tot vriendskap.

Dit gaan skreeusnaaks wees asook insiggewend.

Natuurlik is Ladies Nights ook DressUP parties.

Die Tema: Leeu-vel-Tier-vel

Daar is ook fantastiese pryse vir best dressed.

Geen Onder 18’s

Vang jou man se slang (Ladies Night) by Die Boer Restaurant Teater in Durbanville 14-17 September 2022 om 20h30.

Kaartjies kos R250 en is beskikbaar by 021 979 1911 of aanlyn by www.dieboer.com

Vang jou man se slang
Vang jou man se slang

Lewer kommentaar

Leave a Reply