Almal het geweet dat dit eendag sou gebeur; maar so gou! Wie sou dit kon raai?

Jare lankal probeer mense voorspel wanneer die dag sou aanbreek en nou, ewe skielik, so onverwags.

Dit was ongelooflik – amper soos in ’n droom – die een oomblik was dit nog daar, soos ons daaraan gewoond geraak het en die volgende oomblik was dit net weg! En ons het almal geweet ons sou dit nooit weer sien nie.

Diep in ons harte het ons geweet dat ons dit sou mis, hoewel ons al jare probeer het om daarvan ontslae te raak.

Ons het dit mos nie nodig nie en het dit ook nog nooit nodig gehad nie. Dit was hier toe ons hier aangeland het. Alhoewel ons almal verslae was oor wat gebeur het, weet ons dat ons sodra moontlik moet voortgaan. Daar wag nou ’n nuwe wêreld daar buite, een waaraan ons nie gewoond is nie en waarvan ons weinig weet.

Ons kan amper sê ons is vreemdelinge … ja, vreemdelinge op die maan, wat nou so anders lyk vandat die water opgedroog het.

(foto: Petur)

Lewer kommentaar

Leave a Reply