Stuur jou verhale na bydraes by roekeloos.co.za
Leesstoffie van ‘n Londen-toffie hoofstuk 2
Aiaiai
Dis al weer siek. Dit het snotneus en borrelhoes. Drink lemoensap om die antibiotika mee te sluk en kry toe diarrhoea – en ek meen regte egte spuitpoep – van die lemoensap (vermoed ek maar, want die enigste ander ding wat dit in twee dae geeet het was twee stukkies hoender – nie eens ‘n happie elk nie en niemand anders het siek geraak van hulle s’n nie).
Die dokter sê dit het brongitis, maar dit weet nie eens behoorlik wat die simptome van brongitis is nie. As dit koors en koue koors aan en af is en eers droë hoes en dan nat hoes en dan lus wees om woorde te los wat rym met hoes en snaakse nagmerries kry en al weer hoofpyn het en kyk nou maak dit nie eens sin in dit se sin nie.
Dit verlang dit man.
Kry dit asseblief jammer, want dit is nou moeg van ditself jammer kry.
skrywer: Dedri Strydom
