Wees versigtig studente

Die dae van jol, suip en hoereer is al lankal verby, en steeds dwarrel ek in ´n warboel van paranoia. Almal wat ek sien lyk vir my bekend. Ken ek hulle? Ek sal nie weet of ek hulle ken en of ek hulle net herken nie. In Bloem het ek met elke tweede doos kak staan en praat asof ons ons lewens lank tjommas is.Moet ek hierdie vreemde persoon wat so snaaks na my kyk groet, herken sy my van Bloem af? Hoop nie so nie, ek was fokken dronk en so was die res van die bevolking.

Loop ek by Lovers Lane af check die mense my snaaks uit. Verbeel ek myself? Mense lyk heel anders as hulle poesdronk is. Ek kan maar my kak laat staan, almal met wie ek kennis gemaak het in Bloem was net so gepiel soos ek, indien nie meer nie.

Na die groot suip dit ´n heftige effort gekos om die lyf weer op dryf te kry. Jy ken daai gevoel as jy weet iemand staar na jou terwyl jy slaap en as jy wakker word staan daar sowaar as die fok iemand in jou kamer. Vroeg Maandag-oggend kry ek daai einste gevoel. Ek ontwaak stadig, maak my oë versigtig oop en sowaar as die blou bles box sit my lewer op my maag, ken op die vuis, staar my reguit in die oë en skud sy kop teleurstellend. Hy vra my met ´n somber stem : "Wat de fok het jy die naweek aangevang… doos? Het jy heeltemal van my vergeet? Blykbaar het jy my nie meer nodig nie!! Ek vat my pankreas en ek fokof!!" Ek kap toe terug : "Luister doos if you can’t handle the heat get out of the fucking kitchen!" Fok die lewer as hy so wil wees moet hy eerder ´n cosy job loop soek by ´n diabeet of iets van die fokken aard. Ek maak toe my oë toe en sluimer verder, as hy nou so wil wees moet hy maar waai, ek het nie tyd vir sy kak nie.

Maar o nee! Die slinkse wetter het ander planne vir my. Wat kry ek toe ek ontwaak? Fokol! Lyk my hy’t wragtig gefokof. Maar wag-´n-bietjie wat sien ek hier? Nie net een nie maar twee snotstrepies. Sowaar! Die etter het wragtig vir pankreas ook saam gesleep. Die spitefull doner. Jy sou nie eintlik kon sê hulle het spoorloos verdwyn nie. Ek volg die snotstrepies tot reg voor die yskas. En daar lê my twee vrinne. Bier blikkies die hele wêreld vol sit voorbok lewer met sy trawant gepark voor die yskas, elkeen bier in die hand besig om hubbly te rook. Van hulle voete af poesdronk. Lewer check my uit met bloedrooi ogies en gil : "Fok jou!!! Ek sal jou wys wie’s baas… doos!!!" Pankreas giggel net (vet slet).

Ek het geweet dit sit nie in Lewer se ballas om net te fokof nie, hy’s te veel van ´n pisgat. Hy tune my: "Jy’t my laat suffer die naweek in Bloem! Ek was amper fokken dood ! Jy sal dit nie weer aan my doen nie jou bliksem" En met een moerse vinnige refleks beweging spring lewer en sy sidekick terug in hulle plek. Dit was nie twee sekondes nie toe lê ek poesdronk tussen die bierblikke. Imagine hoe’t dit gelyk toe my tjommas by huis kom en hulle vriend uitgepass op die vloer vind. Hoe de doos verduidelik jy dit nou. Ek weet hulle lewers het al uitgekruip om in die toilet te kots maar nog nooit om hulle in die hol te naai nie. Word ek toe wakker met die grootste babbelas van alle babbelasse. Dit vat my darem net ´n week om te recover. Kyk, daai bliksem het my ´n goeie les geleer.

Moral of the storie : fok te veel en aanhoudend met jou lewer en hy fok met jou.

skrywer: Mjee

Lewer kommentaar

Leave a Reply