Hendrik stoot die deur oop en die bekende reuk vul die woonstel. Dit neem hom terug in tyd waar Sandra nog jonk was. Hy stap terug na die sitkamer waar die son rustig tot op die vloer sak. Hy sit terug en maak sy oë toe. Dit voel soos gister wat hy vir die eerste keer die reuk geruik het.
Sy voetstappe weergalm in sy gedagtes soos hy in die gang af hardloop en hy droom van die dag toe hy haar sien. Hendrik was so bly om by sy ouma te gaan kuier. Verder af in die gang ruik hy die reuk van deep heat en pannekoek. Dit het hom die eerste keer afgesit. Dit was die eerste keer wat hy by sy ouma gaan kuier het vandat sy in die ouetehuis ingetrek het.
Verby die eerste paar woonstelle in die gang af hoor hy ‘n stem. ‘n Stem wat nie in die ouetehuis hoort nie. Dit was ‘n jong, sagte stem. By die deur gaan staan hy stil en loer in. dit was ‘n jong meisie; omtrent dieselfde ouderdom as hy. Sy sit op die bank langs haar ouma. Haar lang blonde hare is netjies vasgemaak agter haar kop. Hy is so vasgevang in haar skoonheid dat hy nader aan die deur staan. Sy was beeldskoon.
Sy sien hom en begin lag. Na ‘n paar sekondes sien hy sy teenwoordigheid is verklap en hy hardloop af in die gang na sy ouma se woonstel. Hy lui die klokkie en kyk in die gang af. Die skoenlappers wapper rond in sy maag en hy voel asof hy in die wolke rondloop.
"Ouma," Bars hy by die deur in.
"Hendrik, wat ‘n verassing."
"Ek dink ek is verlief Ouma."
Sy lag en beduie hom om te sit. Die son vul die kamer met lig.
"Van wie praat jy, Hendrik?"
"Ek dink sy kuier by haar ouma, net vier kamers op in die gang."
Hendrik se ouma vat ‘n sluk van haar stomende tee.
"Dit moet tant Bessie se kleinkind wees. Sy is vir die vakansie hier by haar ouma."
Hendrik kry ‘n warm gevoel saam met die skoenlappers. Sy is hier vir die vakansie. Dit gee hom baie tyd om haar te ontmoet.
Hendrik se ouma glimlag breed.
"Miskien moet jy haar bietjie vra om saam met jou deur die tuin te stap. Hulle het verlede week nuwe roosbome gekoop."
Hendrik het die middag by sy ouma deurgebring, maar sy gedagtes was net ‘n paar woonstelle weg. Die meisie met die blonde hare- die een wat soos ‘n engel lyk. Hendrik het nog nooit so mooi meisie gesien nie.
Die aand by die huis kon hy nie aan die slaap raak nie. Sy was by hom en dit het vir hom gevoel asof sy voor hom staan.
Hy klim uit die motor uit met ‘n mandjie in een hand. Die hekwag stoot die hek voor hom oop. Dit was ‘n nuwe dag en hy sou gebruik maak daarvan. Hy stap na die woonstel blok toe, maar glip verby na die roostuin toe. Die rose lyk soos ‘n rooi tapyt af in die tuin. Hendrik sit die mandjie neer en pluk ‘n roos. Dit is vroegoggend en die tuin lyk op sy mooiste.
Hy kom tot ‘n stilstand voor tant Bessie se deur. Sy hart wil by sy keel uitspring.
Die deur swaai onverwags oop. Sandra staan voor Hendrik met ‘n betowerende glimlag. Hy staan daar sonder woorde met ‘n roos in die een hand en ‘n piekniekmandjie in die ander.
Alles wat hy wou sê verdwyn in die lug. Hy staar stomgeslaan teen haar potblou oë vas.
"Goeie more. Ek het die voetsappe tot ‘n stilstand gehoor kom hier voor my ouma se deur toe maak ek sommer oop."
‘n Oomblik van stilte stap verby.
"Ek wou.wil graag weet of jy nie saam met my wil piekniek hou hier buite op die gras nie?"
Sy glimlag en haar oë val op die grond.
"Is daardie roos vir my?"
Hy strek sy hand uit en bied die roos vir haar aan.
"Ja. natuurlik."
Hulle dwaal by die gang af op die grasperk. Hendrik sit die mandjie op die gras neer en haal ‘n kombers uit.
Hy gooi dit oop en hulle altwee gaan sit.
"My naam is Hendrik, net as jy gewonder het of ons vir altyd sou vreemdelinge bly."
Sandra lag.
"En ek is Sandra."
Hendrik wou vir haar sê dat sy die mooiste naam het wat hy al ooit gehoor het, maar hy bly toe maar stil. Sy is so mooi. Hy kan nie glo sy sit langs hom op ‘n kombers nie. Haar blonde hare is netjies agter haar kop vasgemaak en op sy ouderdom behoort ‘n seun nie al ‘n meisie so te sien nie.
Die son skuif sy lyf agter die bome in en Hendrik besef sy tyd raak min. "Kan ek weer kom kuier?" Hendrik hou sy duime vas. Hy hoop dat haar oordeel oor hom darem goed sal wees. Die kort stilte voel soos ‘n ewigheid.
"Ja, jy kam weer kom. Vandag was baie lekker," die woorde verbly Hendrik tot diep binne sy siel.
Die aand het hy wakker gelê en hoop dat wanneer hy aan die slaap raak, sy in sy drome sal wees.
Dae gaan verby en Hendrik en Sandra leer mekaar goed ken. Die vakansie se einde skuil om die hoek.
Alle goeie dinge kom tot ‘n einde.
Hendrik se ouma kyk by die venster uit. Buite op die gras lê Hendrik en Sandra. Hulle lyk gelukkig. Die twee laat haar aan haar jong dae en jong liefdes dink.
Die laaste dag breek aan. Die laaste dag wat Hendrik vir Sandra sal sien.
Hulle beweeg by die trappe af. Stilte oorheers die pad tot by die uitgang waar die son hulle vang. Hendrik gaan sit, maar Sandra trek hom weer op. Sy neem hom tot agter die roostuin waar struike so groot soos bome groei.
"Kom ons sit hier."
Hendrik wag tot Sandra sit en sit dan langs haar.
Haar blou oë is vasgepen teen syne. Hendrik wou iets sê, maar Sandra plaas haar vinger oor sy mond. Sy beweeg nader en streel haar vinger na sy wang toe. Haar sagte lippe raak saggies aan Hendrik s’n. Hy maak sy oë toe. Sandra streel sy wang met haar hand. Dit voel vir hom asof hy alle gevoel orals verloor. Die oomblik moet nooit stop nie.
Sy beweeg terug en Hendrik maak sy oë oop. Hy is stomgeslaan.
‘Ons gaan nou amper ry.’
Die oomblik van soetheid word vervang met hartseer.
"My ma drink net gou tee by my ouma, dan sal ons moet teruggaan, jy weet die skole begin alweer more."
‘n Traan glip oor Sandra se wang. Hendrik skuif sy hand onder Sanda se hand in en druk dit styf vas.
"Jy moet seker dan gaan," Hendrik praat met ‘n knop in sy keel.
"Onthou net een ding. Moet nooit van my vergeet nie."
Hy gryp vir Sandra en druk haar styf vas. Haar woorde verdwyn onder die huilende klanke.
Die tyd saam, sal Hendrik nooit vergeet nie.
Die deur gaan toe en Hendrik skrik wakker. Dit was alles ‘n droom. "More Hendrik." Sandra staan met twee inkopiesakke.
Sy lyk so pragtig soos altyd- haar blou oë glans nog soos jare terug. Ouderdom het net die blonde hare in ‘n ligte grys kleur verander.
"Onthou jy nog die vakansie toe ek jou ontmoet het?"
Sy kyk verbaas na hom.
"Hoe kan ek ooit vergeet. Jy het nog vir my my eerste roos gegee."
Hendrik glimlag. Sy is nog presies dieselfde soos daardie vakansie. Wanneer Hendrik na haar kyk besef hy steeds nie dat sy hom gekies het nie. Dit voel vir hom asof sy nooit saam met hom op die kombers gaan sit het nie.
Sandra beweeg in die kombuis in en maak die ketel vol water. Sy pak die inkopies uit.
Sy kom uit met ‘n skinkbord waarop die teepot en twee koppies rus. Sy sit die skinkbord op die koffietafel neer en skink vir Hendrik ‘n koppie koffie, twee suikers met bietjie melk- net soos hy dit nog altyd drink.
"Ek onthou die dag toe ek jou verras het nog beter. Jy het na die vakansie gedink dat jy my nooit weer sal sien nie."
Hendrik glimlag, hy staar haar aan asof hy haar vir die eerste keer sien. "Ek het gedink ek het jou vir altyd verloor. Toe jy die volgende jaar by ons skool aankom kon ek dit nie glo nie."
Sandra gaan sit langs Hendrik en plaas haar hand in syne.
"Hendrik, ons liefde is soos die deep heat en pannekoek reuk waarvan jy my vertel het. Dit is verewig."
Hulle staar in mekaar se oë en herleef al die gedagtes saam.
skrywer: Johann van der Walt
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
