Wonderlike lewe of nie 11

 

Dis die volgende dag en Herman en Teresse het omtrent niks slaap ingekry nie.

Herman lê in sy bed en staar na die plafon. Hy draai op sy sy en kyk na sy selfoon. Niks nie. Nie ‘n SMS of ‘n oproep van Teresse af nie. Hy sit sy foon neer en draai weer terug op sy rug. Teresse slaap seker nog. Hy draai weer op sy sy en kyk na sy klokradio. “Tien voor nege. Ek sal maar seker so tienuur na haar toe moet gaan.” Hy vat sy foon weer en beweeg af tot by Teresse se naam.
Hy wag so ‘n rukkie en druk die call opsie. Haar foon lui en lui net.

Net voor Herman besluit om dood te druk kom Teresse se slaperige stem deur, “Hallo?”
“Uhm… Uhm… Dis Herman, het jy nog geslaap?”
“Nee, het seker so vyf minute terug wakker geword. Waarmee kan ek help?”
“Hoe laat moet ek na jou toe kom? Is dit reg as ek so oor ‘n uur kom?”
“Ja, dis reg. Het – “ Hy onderbreek haar: “Oukei dis reg. My airtime is baie min so
sien net nou. Bye.” Hy lui af.

Tienuur klim Herman op sy motorfiets en ry met draaie na Teresse toe. Weereens wag
sy vir hom buitekant.
“Hallo, van hoe laat af wag jy al buitekant?” vra Herman haar terwyl hy van sy
motorfiets af klim.
“Uhm… van tienuur af. Jy’t mos gesê jy kom tienuur. So toe wag ek maar.” sê sy
terwyl sy af kyk.

“Teresse, wat’s fout?” Hy sit twee vingers onder haar ken en lig haar kop stadig op. Sy
het trane in haar oë en haar oë is al rooi en opgeswel van al die huil.
“Herman,” sy gryp hom vas, “Ek’s regtig jammer! Kom ons gaan na my kamer toe,
sodat ons kan praat.”
“Oukei, dis reg.” Hulle stap na haar kamer toe en Herman let op dat haar ouers weer
nie by die huis is nie.
“Teresse, waar’s jou ma – hulle?” Sy kyk hom net aan en loop na haar kamer toe.
“Sit.” sê sy.
“Oukei…”
Sy gaan sit langs hom en kyk hom in sy oë.
“Herman, ek’s nie regtig swanger nie… Dit was net ‘n verskoning, ek’t gedink as ek vir jou gaan sê ek’s swanger; gaan jy my los. Maar jy het nie. Die ding is, Herman, ons trek Berlyn toe. Ek moes aan ‘n verskoning dink sodat ons kan opbreek.
Asseblief, moenie vir my kwaad wees nie?” Sy huil weer van vooraf.
“Hoekom … hoekom het jy dit nie vir my van die begin af gesê nie? Hoekom vir my jok? Dit was ‘stupid’ gewees! Hoe verduidelik ek aan my ma – hulle dat jy nie regtig swanger is nie? Hulle is onder die indruk dat ek jou swanger gemaak het, dat ek die pa is van jou baba! Ag nee hel man! Teresse weet jou ma – hulle hoe jy vir my jok?
Watter stories jy opmaak?” Bedonnerd.
“Nee, hulle weet nie! Moenie vir my kwaad wees nie! Ek vra jou mooi Herman!” sê sy met ‘n huilende stem.
“Hoe kan ek nie kwaad wees nie, Teresse? Jy’t my in iets laat glo wat glad nie bestaan het nie! Teresse, jy weet hoe lief ek jou het en dat ek enige iets vir jou sal doen om jou gelukkig te sien!”
“Ja, ek weet, en ek’s jammer! Ek’t nie reguit gedink nie, maar wat anders kon ek doen?
As ons trek, sien ek en jy mekaar nooit weer nie! Wat is die punt om dan nog uit te gaan?” Sy sluk ‘n paar trane af.

“Teresse, ek kan mos saam gaan? Ek het genoeg spaargeld in my bank! Ek wil jou nie verloor nie, ek’t jou te lief! Asseblief, dink daaroor en dan laat weet jy my.” sê hy en druk haar styf teen hom vas.
Sy begin van vooraf huil. Hy streel haar hare.
“Lief jou.” fluister hy in haar oor.
“Ek jou ook,” Sy druk hom stywer vas, “Ek’s jammer oor als Herman!”
“Dis oukei, ek’s nie meer kwaad vir jou nie. Vergeet nou daarvan, toe?”
“Oukei, ek sal.”

Sy los hom en soen hom lank. Hulle gaan lê op die bed en maak liefde.


Discover more from Roekeloos.co.za

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Lewer kommentaar

Leave a Reply