Wonderlike lewe of nie 14

 

Stuur jou verhale na bydraes by roekeloos.co.za

Hulle staan die volgende dag laat op om die plek aan die kant te kry.
“Jis, ek’t nie gedink die plek is so vuil nie!” Hyg Teresse toe sy op die bank neer plof.
“Ja nee!” Malaika sak langs haar neer.
“Herman, lyk my ons vrouens gaan maar swak huisvroue wees!” Spot Christo terwyl
hulle na Malaika – hulle kyk.
“Ja, ek stem 100% saam met jou my vriend!” Hulle bars uit van die lag.
“Ag man, gaan skyt! Ek’s flippen swanger! Kan jy nie sien nie? Ek’t nie meer die krag
wat ek gewoonlik gehad het nie! Jy’s op dun ys meneer Venter!” Vervies sy haar.
“Jammer, ek het net ‘n grappie gemaak! Vir wat is jy weer so grumpy vanmôre?
Ongemaklik geslaap of wat? Ek kon sweer ek’t jou deur die nag hoor moan.”
“Ja, ek het so bietjie ongemaklik geslaap, maar ek voel net nie lekker vandag nie oukei?
En ek sal later vir jou sê hoekom ek so gemoan het! Hou op daar staan en mooi lyk en
kom help my eerder. Dis tog jou kind wat ek dra.”
“Sheesh, oukei. Jammer. Ek dink jy moet verder gaan slaap. Sal jou voete en rug
goed doen.” Sy laat toe dat hy haar slaapkamer toe dra.
“Kom ons gaan ook kamer toe. Ek wil iets vir jou wys.” sê Teresse vir Herman.

So spandeer hulle die res van die dag in aparte kamers.
“So hoekom het jy gisteraand so gemoan?” Vra Christo terwyl hy die kamerdeur agter
Malaika toemaak.
Sy gaan lê op die bed en kyk na Christo met honger oë. “Wel?” Vra hy nuuskierig
terwyl hy langs haar gaan lê, haar saggies in die nek begin soen en sy hande oor haar
lyf streel.
“Presies dit wat jy nou aan my doen, Chris. Ek’t gedroom ons doen dit weer, maar in
my droom was ek nie swanger nie.”
“Mmmm … Is dit so?” Sê hy saggies terwyl hy haar in haar oë kyk. “Ja meneer Venter,
hou op so mooi lyk en soen my!”
Hy lag saggies en begin haar te vry …

Christo en Malaika raak na ‘n ruk aan die slaap en Teresse en Herman raak weer
besig. Toe Herman haar wil binne gaan, sê Teresse vir die eerste keer nee. Dit lyk
eers of Herman kwaad raak en Teresse verduidelik vinnig aan hom hoekom sy nee
gesê het. Hy verstaan en stop alles. Hulle raak, kaal in mekaar se arms, aan die slaap.

Die volgende dag is almal weer vroeg wakker om reg te maak om hulle uitslae te gaan
kry by die skool.

Malaika behaal weereens uitstekende simbole en het 5 onderskeidings. Sy ontvang
matriekulasievrystelling.

Christo behaal 1 onderskeidings en het ‘n gemiddelde C simbool.
Herman behaal 2 onderskeidings ook met ‘n gemiddelde C simbool.
Teresse behaal 4 onderskeidings en sy slaag haar eksamen met meriete.

Hulle vier dit dadelik deur ‘n kas bier en ‘n vyf liter sap vir Malaika te gaan koop en dit op
die patio te drink terwyl Teresse en Malaika vir hulle verversings gemaak het. Hulle
skool het weereens ‘n 100% slaagsyfer.

Op die 29ste Desember ontvang Teresse skokkende nuus: Hulle trek oujaaraand.
Sy huil vreeslik toe sy die nuus aan Malaika moet oorgee. Altwee meisies huil hulle self
aan die slaap die aand.

Malaika is al vroeg die volgende oggend by Teresse. “Kom, vandag is dit girls day! Vir
oulaas! Herman en Christo sal verstaan, ek weet dit.” sê sy met krokodiltrane wat oor
haar wang loop. Sy druk Teresse styf teen haar vas. “Ek gaan jou so baie mis
Teresse!” “En ek vir jou, ‘Laika!” Albei huil erger as aan die begin.

Hulle is heeldag in die Mall en neem foto’s waar hulle kan. Hulle kom eers agt uur die
aand by Teresse se huis aan. “Ons vlieg môre oggend baie vroeg so ek sal nou al
moet bye sê. Herman kom ook seker nou – nou. Hy slaap vanaand hier oor.” Sy kry
weer trane in haar oë.

“Ek wil nie bye sê nie Teresse. Ek kan nie. Jy is my beste pel al van klein skool af en
nou moet ek afsien van jou af. Ek kan net nie.” Malaika begin weer saggies te huil.
“Ek wil en kan ook nie, maar ek moet. Ek het nie ‘n keuse nie. Dink so daaraan … Oor
tien jaar sien ons mekaar weer!” Sy probeer haar trane wegsluk.
“Tien jaar is nog bleddie lank! Baie goed kan nog in tien jaar gebeur! Jy weet dit
T’resse!”
“Ja, ek weet. Maar ek weet ons sal mekaar weer sien. Op een of ander manier…”
“Ja, seker. Maar nou sal ek regtig moet bye sê. Dis al laat en Chris wil ook seker
bietjie aandag hê…”
“Ai, onse mans! Jy weet seker as dit nie vir hulle was nie, was ons nooit pelle nie?”
“Ja, dis waar!”

Met rooigehuilde oë druk hulle mekaar styf vas en groet mekaar. Malaika bel vir
Christo sodat hy kan kom groet en haar kan kom haal.
Toe hulle Christo se motorfiets hoor, huil Malaika van voor af.

Christo klim af en loop direk na Malaika toe en druk haar styf teen sy lyf vas.
Toe sy kalmeer, los hy haar en gaan groet vir Teresse. Sy druk hom styf teen haar vas.

“Dankie vir alles, Chris” fluister sy.
“Dis ‘n plesier, T’resse.” Hy gee haar ‘n piksoen en gaan staan weer by Malaika.
“En gedra julle nou!” probeer sy ‘n grappie maak en gee ‘n valse laggie. Malaika
glimlag net. “Dankie vir al jou vriendskap T’resse. Jy sal nie weet wat dit vir my
beteken nie.”
“Dankie vir joune ook, “’Laika. Dit het net so baie vir my ook beteken!”
Toe Herman daar aankom, begin alles weer van voor af. Herman druk Malaika styf
teen hom vas en soen haar.

Toe Christo vir Herman moes groet toe sien Malaika dat Christo trane in sy oë het.
Hulle groet mekaar soos broers sou … Geen hande skud nie. Hulle gee mekaar ‘n
drukkie.

Malaika weet dat vanaand die einde van hulle vriendskap is. Sy kry ‘n gevoel iets gaan
verkeerd loop in die tien jaar.

bydrae: Darius Nell

Lewer kommentaar

Leave a Reply