Die rolprentmaatskappy New Line het besluit om die 80’s se TV-held, MacGyver, na die groot skerm te bring.
MacGyver was die avonture van geheime agent MacGyver wat vir die Phoenix Foundation gewerk het. Soos dit maar met geheime agente gaan het hy hom gereeld in gevaarlike situasies bevind. Sy vermoë om blitsvinnig baie handige hulpmiddels uit alledaagse huishoudelike artikels te vervaardig het hom egter altyd gered.
Die woord MacGyver is in algemene omgangstaal opgeneem en verwys na iemand wat iets uit niks uit kan maak.
Richard Dean Anderson het destyds die hoofrol vertolk. Dino De Laurentiis sal die uitvoerende vervaardiger van die rolprent wees.

