“Salvator Mundi”, ’n skildery wat die Christus-figuur uitbeeld, is vir net minder as R6,5 biljoen verkoop. Meer as Suid-Afrika se handelsoorskot in Augustus vanjaar.
Hierdie skildery deur Leonardo da Vinci is net sowat 66 cm hoog en dateer rondom die jaar 1500. Dit was vir ’n paar honderd jaar verlore tot dit in 1900 weer gevind is. Toe was almal nog onder die indruk dat dit deur ’n leerling van Da Vinci geskep is. Eers sowat 12 jaar gelede is daar vir die eerste keer vasgestel dat dit eintlik die werk van Leonardo da Vinci is. Die skildery is verkoop aan ’n konsortium kunshandelaars vir net meer as R100 duisend voor die nuus bekend was. In 2011 het die publiek die eerste keerkans gekry om die werk te aanskou, in die National Galery in Londen.
Die rekord is voorheen gehou deur Pablo Picasso se “Les femmes d’Alger” (Die Vroue van Algiers [weergawe 0]), wat meer as 2 biljoen behaal het in 2015.
Dit is nie bekend aan wie “Salvator Mundi” verkoop is nie.

Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
