Ter viering van veertig dinamiese jare van uitlewing van sy passie stel Jannie sy musiekstorie Onderweg bekend – ’n unieke multimedia-aanbieding wat bestaan uit ’n koffietafelboek, ’n dubbele CD en ’n DVD.
Die storie begin veertig jaar gelede toe die luisterliedjie in sy kinderskoene is, tot waar dit vandag die grootste enkele faktor op die Suid-Afrikaanse musiektoneel geword het. Anna-Retha Bouwer van Beeld se kunsredaksie gesels met hom oor sy boek en die man agter die boek. Jannie gaan liedjies sing en van die publiek se vrae beantwoord. Moenie hierdie interaktiewe program misloop nie.
Met Jannie du Toit en Anna-Retha Bouwer
Datum en tyd: Sa 30 Junie 10:00
Venue: Stoep Restaurant (langs Inniboskantoor)
Tydsduur: 55 minute
Prys: R52



Bespreking
Geen kommentaar vir “Jannie du Toit @ Boeke OppiSTOEP”