slavin

slavin

 

Roekeloos

Vroeg in 2007 het Annelise (sy skryf net onder haar naam) die eerste erotiese boek in Afrikaans geskryf. Maanvrug het skaamteloos alle grense van betaamlikheid oortree en in die proses die Afrikanervrou se seksualiteit en seks in die Afrikaanse samelewing in die algemeen oopgeskryf.

 

Annelise is terug met ʼn nuwe “eerste” in Afrikaans. slavin ondersoek die donker wêreld van BDSM en kink. Ná meer as twee jaar se navorsing en onderhoude en gesprekke met kenners, skryf Annelise met insig oor ʼn onderwerp waarvan baie net so ʼn bietjie gehoor het.

Die onlangse hofsaak van Cezanne Visser wou met tye impliseer dat “Advokaat Barbie” in so ʼn verhouding betrokke was. Hiermee sal die skrywer nie saamstem nie alhoewel sy ook die standpunte van “kenners” in die hofsaak met aandag gevolg het. In slavin word ʼn ander prentjie van ʼn Meester-slavin verhouding geskilder – een waar gespeel word met mag, haar liggaam en haar begeerte, maar waar ook wedersydse respek, kommunikasie en selfs liefde ter sprake is.

In slavin is Tanika is ‘n enkelouer, feminis, skrywer en . . . Rudolf se seksuele slavin. Haar navorsing oor die donker kant van seks en seksualiteit lei haar al dieper in die wellustige BDSM wêreld van sensasie en oorgawe in.

slavin
slavin

Wat is BDSM? Waarom sal ‘n sterk, onafhanklike vrou haar mag aan ‘n man wil oorgee? Wat is die verband tussen seks en geweld? Is sy dapper genoeg om haar erotiese drome werklikheid te maak? Is dit ook liefde? Ongeoorloof, onbeheersd, maar soms ook teer en intens – slavin is ‘n liefdesverhaal wat die liggaam sowel as die verstand prikkel. In die tradisie van Maanvrug skryf Annelise jou weer warm, maar hierdie keer is dit nie fantasieë nie, dis werklikheid.

Vir verdere inligting kontak gerus vir Annelise direk by Annelise@discoverymail.co.za of skakel haar by 0832365608.

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

 

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply