Twenty-First Century Science Fiction is ‘n enorme kortverhaalbundel – naby aan 250 000 woorde -geredigeer deur twee van die mees gesogte en bekroonde redakteurs in die veld van wetenskapsfiksie, met nuwe stories van ‘n paar van wetenskapsfiksie se nuwe talent.
David Hartwell en Patrick Nielsen Hayden word lank reeds erken as twee van die mees bekwame en betroubare arbiters in die veld, maar Twenty-First Century Science Fiction bied lesers ‘n bewys van wat hul aansienlike talent werklik beteken. Die boek gee ook ‘n unieke perspektief op hoe die toekoms van wetenskapsfiksie daarna uitsien.
Die bundel sluit in gevestigde gunstelinge en nuwe talent, soos Paolo Bacigalupi, Cory Doctorow, Catherynne M. Valente, John Scalzi, Jo Walton, Charles Stross, Elizabeth Bear en Peter Watts.
Koop / Buy Twenty-First Century Science Fiction

