// jy lees ...

Flieks

Invictus

Suid-Afrikaanse sport en geskiedenis ontmoet in Clint Eastwood se jongste film, Invictus.

Dit is die verhaal van hoe Francois Pienaar se Springbokke en Nelson Mandela ‘n hele nasie kon saamsnoer.

Rugby was nog nooit die meerderheid Suid-Afrikaners se gunsteling sport nie, en in die tyd van Apartheid is die Springbokke gesien as ‘n span wat die onderdrukkers verteenwoordig. Invictus vertel hoe Nelson Mandela die Springbokke gebruik het vir versoening. Hoe hy die nasionale sportliggaam gestuit het in hul pogings om die Springbokke te vernietig. Vir hulp nader Mandela die Springbok-kaptein Francois Pienaar (Matt Damon), om hom te help. Sentraal in die hele proses is die gedig wat Nelson Mandela al die jare moed gegee het tydens sy tyd in die tronk op Robbeneiland, Invictus.

Regisseur Clint Eatwood probeer nie om apartheid of enige van sy karakters te ontleed nie. Die film benader die onderwerp op ‘n abstrakte vlak en Eastwood maak baie van simboliek gebruik om die verhaal te vertel. Terwyl Eastwood se benadering uiters geskik is, mag dit egter die indruk skep dat hy die onderwerp van apartheid met handskoene aanpak. Die film verwag ook te veel van die gehoor. Suid-Afrikaners sal begryp wat in daardie tyd gebeur het, maar die film gaan maar sukkel om dit oor te dra aan die buitelandse gehoor.

As ‘n Suid-Afrikaner sou mens ook graag wou sien dat Eastwood meer klem lê op Suid-Afrika se natuurlike skoonheid. Eastwood is een van daardie regisseurs wat dit meesterlik sou kon uitbeeld.

Daar is seker geen beter keuse vir die rol van Nelson Mandela as Morgan Freeman nie. Hy probeer wel soms te veel klem plaas op Mandela se aksent, maar die res van sy vertolking is amper foutloos. Dit is ook ongelukkig so dat hierdie film nie veel sou kon bied sonder Freeman nie.

InvictusInvictus is ‘n geskiedkundige drama vir die hele gesin.

Regisseur: Clint Eastwood
Met: Morgan Freeman & Matt Damon

3 / 5

bydrae: JM

Sien ook Morgan Freeman en Clint Eastwood in Bellville

11 Desember 2009

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Share and Enjoy:
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • Ping.fm
  • RSS
  • Digg
  • FriendFeed
  • Google Buzz
  • Live
  • MySpace
  • Twitter

Related posts:

  1. Morgan Freeman en Clint Eastwood in Bellville
  2. Space Cowboys
  3. Imini emnandi kuwe tat’omkhulu Nelson Mandela
  4. Changeling
  5. Reuse Madiba vir die Baai

Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

  1. [...] rolprent Invictus duik verskeie kere op met Morgan Freeman wat benoem is as beste akteur vir sy vertolking van pres. [...]

    Geskryf deur Golden Globe-benoemings vir Invictus en District 9 Roekeloos | 17 Desember 2009, 08:40
  2. [...] Crazy Heart, George Clooney, vir Up in the Air, Colin Firth vir A Single Man, Morgan Freeman vir Invictus of Jeremy Renner vir The Hurt [...]

    Geskryf deur Die 82ste Oscar-benoemings Roekeloos | 8 Februarie 2010, 08:32

Switch to our mobile site