// jy lees ...

Flieks

Neill Blomkamp

Die hele wêreld gaan binnekort weet wie Neill Blomkamp is.

Die 29-jarige Blomkamp is in Johannesburg gebore en hou deesdae die pot aan die kook in Kanada met kortfilms en advertensies. Daardie einste pot gaan nou lekker bult met sy jongste projek, ‘n groot internasionale film wat vervaardig word deur die bekende Peter Jackson.

Blomkamp is die regisseur van District 9, ‘n film oor ‘n groep vreemde wesens wat asiel soek op die aarde. District 9 is die area, in Suid-Afrika, waar hulle aangehou word, terwyl die aardbewoners besluit wat om met hulle te doen.

Verskeie Suid-Afrikaners is in die film te sien, onder andere vertolk Sharlto Copley in die hoofrol, ‘n karakter met die naam van Wikus van der Merwe.

Verskeie kenners van die wetenskapsfiksiegenre meen hierdie is ‘n baie ambisieuse debuut vir ‘n jong regisseur asook ‘n oorspronklike benadering.

Sharlto Copley, Peter Jackson en Neill Blomkamp (foto IMDB)

Sharlto Copley, Peter Jackson en Neill Blomkamp (foto IMDB)

Share and Enjoy:
  • del.icio.us
  • Google Bookmarks
  • laaik.it
  • Ping.fm
  • RSS
  • Digg
  • FriendFeed
  • Google Buzz
  • Live
  • MySpace
  • Twitter

Related posts:

  1. Peter Pan
  2. Lord of the Rings: The Two Towers
  3. The Lord of the Rings: Return of the King
  4. The Nutty Professor II: The Klumps
  5. Stuck on you

Bespreking

Kommentaar word nie toegelaat by hierdie bydrae nie.

  1. [...] en skrywer Neill Blomkamp se benadering herinner aan 2008 se Cloverfield en troon uit bo ander aanbiedinge wat [...]

    Geskryf deur District 9 Roekeloos | 23 Augustus 2009, 08:35
  2. [...] van die benoemings is vir die Suid-Afrikaner Neill Blomkamp vir beste regisseur en as mede-skrywer van die draaiboek. Deel met [...]

    Geskryf deur 7 Bafta-nominasies vir District 9 Roekeloos | 22 Januarie 2010, 09:08

Switch to our mobile site