Nissan het die naweek die wêreld se eertse produksiemotor met ‘n emissietelling van 0 ten toon gestel, met ander woorde, ‘n produksiemotor sonder uitlaatgasse.
Die Nissan LEAF is ‘n elektriese motor wat ten minste 160 km kan aflê met ‘n gelaaide battery. Die battery laai oornag. Die topsnelheid is 140 kilometer per uur. Die Nissan LEAF het sitplek vir vyf volwassenes.
Die Nissan LEAF sal in 2010 in die VSA, Japan en Europa te koop wees en teen 2012 wêreldwyd.

