In teenstelling met 2009 se sci fi, wat bestaan uit botsende stukke metaal, opgedollie met spesiale effekte, spreek District 9 tot die kyker se grysstof.
District 9 is ‘n film oor ‘n groep vreemde wesens wat asiel soek op die aarde. District 9 is die area, in Suid-Afrika, waar hulle aangehou word, terwyl die aardbewoners besluit wat om met hulle te doen. (Neill Blomkamp, Roekeloos, 2 Augustus 2009)
Hoe afgesaag dit ook al vir sommige Suid-Afrikaners mag voorkom is die Apartheid / xenofobie ooreenkomste ooglopend, maar beslis onmisbaar vir die storie. Blomkamp bied dit aan as ‘n faux-dokumentêr. Dit voel eg. In Gauteng gaan mense onwillekeurig in die rigting van Soweto kyk en verwag om ‘n groot ruimteskip daar te sien hang.
Suid-Afrikaner Sharlto Copley staan stewig in die skoene van die hoofkarakter Wikus van der Merwe. ‘n Hollywood ster in die hoofrol sou beslis afbreuk doen aan die fliek.
District 9 is glad nie wat jy verwag nie. Dit sal vir 2009 wees wat Cloverfield vir 2008 was en The Blair Witch Project vir 1999.
Met: Sharlto Copely
Regisseur: Neill Blomkamp
bydrae: JM
3½ / 5
Skakel na voorprent van District 9
18 Augustus 2009
(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

District 9 steek die Suid-Afrikaanse draak met ‘n fyn swaard morsdood.