Sonbrand en Braaiboud

Ná die sukses van die eerste versameling Weg-verhale Waar die leeus Afrikaans verstaan, neem dié tydskrif se topskrywers jou weer op reis.

Sonbrand en Braaiboud: die beste van Weg (2) sal jou laat lag en onthou. Herleef die soet en suur van gesinsvakansies by die see en raak nostalgies oor alles van kerkbasaars tot kalwerliefde in die kampterrein.

Dana Snyman filosofeer oor die plek van die vleispastei in elke reis en die interessante karakters wat hy op pad ontmoet, terwyl Jaco Kirsten verduidelik waarom mans en vroue eintlik apart moet gaan vakansie hou.

Vat die langpad met dié 50 verhale onder jou blad.

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Lewer kommentaar

Leave a Reply