My storie (Daar’s lewe na Lulu)

… en daar was lewe vóór Lulu ook!

Blackie Swart draai die volume-knop af oor die ompad wat musiek met hom oor drie dekades geloop het. Met ‘n kitaargedrewe vertoning bederf hy jou ore en neem jou op paaie ver weg van die uithangbord wat sê: “Where Lulu lives!”

Dié veteraanmusikant se vertoning, gegrond op VH-1 se Storytellers, vermaak met sy komiese vertellings, maar sal jou terselfdertyd op die stoel se punt hou met vurige blues, rock, flamenco … en natuurlik Liewe Lulu! Hoe dan anders? Ervaar die oomblik wanneer Swart sy T-hemp aantrek wat verklaar: “I’m not a rock star, I’m a legend!”

Aardklop 2009

Met Blackie Swart (sang en kitaar) en Cobus Burger (baskitaar)

Venue: Klipdrift Elgrosaal
Tydsduur: 90 min
Taal: Afrikaans/Engels
Regie: Blackie Swart

Lewer kommentaar

Leave a Reply