Koos word een oggend wakker met die idee dat hy bestem is vir ‘n loopbaan in die polisie.
Dit gaan egter nie goed met Koos se aansoek nie. Die eerste toets wat die nuwe rekrute kry is ‘n maklike vraestel wat hul algemene kennis toets. Koos is die enigste druipeling. Na regte mag hy nie voortgaan met opleiding nie, maar sy oom is ‘n grootkop in die polisie en dié besluit om Koos ‘n mondelinge toets te gee.
“Goed Koos, antwoord my dié vraag” sê sy oom. “Wie het Hendrik Verwoerd gelem?”
Koos is tjoepstil en dink ernstig na oor die vraag.
“Koos, jy het tot môre om die antwoord te kry, anders is jy uit!”
Die aand by die huis vra sy ma hoe dit toe gegaan het op sy eerste dag.
“Ek dink baie goed” antwoord Koos trots. “Ek het reeds my eerste saak gekry om te ondersoek.”
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
