Meraai is wedergebore

Die pastoor druk Meraai drie keer onder die water.

Na die derde keer sê die Pastoor: “Jy is nou gedoop. Van vandag af is jy ‘n nuwe skepsel. Die sondige skepsel is weg. Geen alkohol meer oor jou lippe nie. Van vandag af sal jou naam wees, Maria!”

Toe Meraai (nee Maria) by die huis kom, is sy reguit yskas toe.
Sy haal ‘n bottel yskoue wyn uit.
Sy tap die wasbak vol water en druk die bottel drie keer onder die water en sê: “Djy is nou Oros!”

Lewer kommentaar

Leave a Reply