‘n “A” vir oorspronklikheid

Twee kunsstudente aan die Kingston Universiteit in Londen het ‘n ongewone eksperiment aangepak. Luke Evans en Joshua Lake het stukkies film gesluk om te kyk of hulle die werking van hul spysverteringstelsel kan vasvang.

Op die oog af lyk die kunswerke nes mikroörganismes soos waargeneem onder ‘n mikroskoop. Dit is gewoon die spysverteringstelsel wat probeer om die film te verteer. Omdat film sulke skerp kante het, is dit in gekleurde plastiek kapsules gesit voor dit gesluk is.

Die twee moes “nommer twee” in ‘n sak doen en die inhoud in ‘n donkerkamer deursoek vir die kapsules. Die film is toe geskandeer onder ‘n elektronmikroskoop om die beelde op te neem.

Die projek verdien ten minste ‘n “A” vir oorspronklikheid.

Luke Evans en Joshua Lake
Luke Evans en Joshua Lake

Lewer kommentaar

Leave a Reply