Digterstemme vanoor die wêreld – waaronder dié van ‘n Nobelprys voorloper, politieke andersdenkendes, aktiviste en bekroonde literêre figure – gaan die Herehuis en Ou Wynkelder by Spier vul op Vrydag 10 en Saterdag 11 Mei.
Die geleentheid is Dancing in other Words, ’n internasionale fees van digters en digkuns, wat oor twee dae by die wynplaas aangebied word.
Deelnemers sluit in Ko UN (Suid Korea), David Shulman (Israel), Hans van de Waarsenburg (Holland), Carolyn Forché (VSA), Tomaz Salamun (Sloewenië), Joachim Sartorius (Duitsland), Yang Lian (China), André Naffis‐Sahely (Italië/Iran), Dele Olojede en Kole Omotoso (Nigerie), en Nicholas Dawes, Antjie Krog, Petra Müller, Antony Osler, Gunther Pakendorf en Marlene van Niekerk van Suid‐Afrika. Die fees is onder kuratorskap van Breyten Breytenbach.
Dancing in other Words is die manifestasie van ‘n vennootskap tussen Spier en die Pirogue Kollektief, waarvan Breytenbach ‘n stigterslid is.
Voorlesings
Die
hoofgebeure
is
Voorlesings
van
hul
eie
werk
deur
deelnemende
digters.
Dit
word
oor
twee
aande
aangebied, met
Voorlesing
I
op
Vrydagaand
vanaf
6.30 nm
en
Voorlesing
II
op
Saterdagaand
vanaf
6.30nm.
Die
Voorlesings
word gechoreografeer
deur
teaterregisseur
Marthinus
Basson,
met
musikale
regie
deur
komponis
en
musikant,
Neo Muyanga.
Die volgende digters sal deelneem, op een van die twee aande: Breytenbach, Forché, Ko, Krog, Müller, Salamun, Sartorius, Shulman, Van de Waarsenburg, Van Niekerk en Yang.

Kaartjies
is
R150
per
persoon
per
aand,
wat
wyn
en
peuselhappies
insluit.
‘n
Kombinasie
kaartjie,
vir
beide
aande,
is R 300.
Bespreek by Spier, 021 809 1100, gedurende kantoor‐ure, Maandag tot Vrydag, of stuur ‘n epos aan reservations@spier.co.za.
Gesprekke
Die
feesprogram
sluit
ook
‘n
reeks
van
vier
gemodereerde
Gesprekke
in,
wat
in
die
Spier
Herehuis
aangebied
word op
Vrydag
en
Saterdagmiddag.
Die
reeks
is
getiteld
Dans
met
die
Onkenbare:
Die
etiek
van
verbeelding
en
die verbeelding
van
etiek.
Bywoning
is
gratis, maar
bespreking
is
noodsaaklik.
Gesprek
I,
op
Vrydag
10
Mei
om
1.30 nm,
word
aangebied
as
‘n
meestersklas,
en
is
getiteld
Lost
in
Translation,
Found in
Poetry.
Die
deelnemers
is Sloeweense
digter
Tomaz
Salamun,
erken
as
die
leier
van
neo‐avant‐garde
digkuns
in
Sentraal
Europa;
André
Naffis‐Sahely,
mees
bekend
vir
sy
onlangse
vertaling
van
die
werk
van
Marokkaanse
digter
en
skrywer, Abdellatif
Laâbi;
en
Marlene
van
Niekerk,
Suid‐Afrikaanse
digter,
vertaler
en
akademikus.
Gesprek
I
sal
gemodereer
word
deur
vertaler
en
akademikus,
vroeër
verbonde
aan
die
Universiteite
van
Kaapstad
en Stellenbosch,
professor
Gunther
Pakendorf.
Gesprek II, Vrydag om 3.30 nm, is getiteld What has Ethics got to do with it? Does poetry open a way to an awareness of being and dignity (ethics) in the processes of political and cultural transition?
Deelnemers is Suid‐Afrikaanse digter, skrywer en joernalis Antjie Krog; Yang Lian (China), ‘n banneling sedert die Tianenmen slagting, wat as een van die mees verteenwoordigende stemme in Chinese literatuur beskou word; en David Shulman, ‘n Israeliese digter en skrywer, bekend as indoloog, vredesaktivis en mees onlangs, skrywer van Dark Hope: Working for Peace in Israel & Palestine. Die boek is ‘n dagboek oor vier jaar van politieke aktivisme in Israel en die Palestynse besettingsgebiede.
Gesprek
II
sal
gemodereer
word
deur
Nigeriese
joernalis
en
Pullitzer
pryswenner,
Dele
Olojede.
Saterdag
11
Mei.
Die program duur voort op Saterdag 11 Mei om 1.30 nm, met Gesprek III getiteld Is the world decaying metaphor? Does poetry shape the world, or is it but a pulse beat of reality?
Deelnemers is Hans van de Waarsenburg, Hollandse digter, voormalige voorsitter van PEN en stigter van die Maastricht Internasionale Nagte van Digkuns; Joachim Sartorius, Duitse skrywer, diplomaat, regsdoktor, voormalige hoof van die Goethe‐Instituut en direkteur generaal van Berlyn Feeste; en Carolyn Forché, Amerikaanse digter en aktivis.
Gesprek III sal gemodereer word deur professor Kole Omotoso, Nigeriese skrywer en akademikus wat reeds sedert die negentigs in Suid‐Afrika woonagtig is.
Gesprek IV, om 3.30 nm, is getiteld, Is there a South African Way to the Great Nowhere? Deelnemers is die Suid‐Koreaanse digter, Ko Un, voormalige Boeddhiste monnik en gereeld genoem as Nobelprys voorloper; Suid‐Afrikaanse digter en skrywer Petra Müller; en Antony Osler, Zen praktisyn en skrywer van Zen Dust, a journey home through the back roads of South Africa. Gesprek IV sal gemodereer word deur Mail & Guardian redakteur Nicholas Dawes.
Bespreek by Spier, 021 809 1100, gedurende kantoor‐ure, Maandag tot Vrydag, of stuur ‘n epos aan reservations@spier.co.za .
