Kieslys

Close


*/

09 Februarie
2018
Musiek
1413 keer gelees
(*slegs web-weergawe)

Afrika my verlange / Afrique mon désir

Afrika my verlange / Afrique mon désir is `n 90-minute multi-media, wêreldmusiek-produksie met David Kramer as regisseur, en met musikante Laurinda Hofmeyr, Schalk Joubert en die Afrique mon désir Ensemble. Dit word aangebied deur die Cape Town Music Academy (CTMA).

Tesame met ’n wêreldklas ensemble bestaande uit Wes-Afrikaanse sangers en musikante, ontdek hulle ’n skatkis van Afrika poësie vanuit Franssprekende lande soos Madagaskar, Ivoorkus, Kameroen, Mauritanië, en Tsjaad, asook terug op eie bodem in die werke van Breyten Breytenbach, Antjie Krog en Eugene Marais. Hierdie literêre fees word gekombineer met Afrika geinspireerde melodië om ’n energieke, multi-media produksie, Afrique mon désir, voort te bring.

Laurinda Hofmeyr is in 2016 deur Nico McLachlan, uitvoerende hoof van CTMA genader om dit te oorweeg om gedigte vir die Afrique mon désir-projek in Frans te toonset. Hofmeyr sê: “Hierdie projek was vir my ’n groot uitdaging. Ek was laas op universiteit aktief besig met Frans! Maar die waagstuk het my so baie laat wen. Ek het wonderskone gedigte ontdek en wonderlike mense leer ken. Afrique mon désir het ’n klomp temas in my lewe by mekaar laat kom. Dit voel of alles saamgewerk het om dit te laat gebeur, asof dit eenvoudig moes gebeur.”

Afrique mon désir ondersoek temas van verplasing en verlange, asook ’n diep gedeelde konneksie tussen die Afrika kontinent en sy bewoners.

Meesleurende animasie films deur gevierde Suid Afrikaanse kunstenaar, Diek Grobler, vergesel die musiekuitvoering om hierdie ’n unieke, sensoriese oudio- en visuele ervaring te maak. In hierdie veeltalige produksie word Frans en Afrikaans, asook Lingala, Swahili, Tshiluba en Kikongo gehoor.

CTMA is ‘n nie-vir-profyt maatskappy (NPC) wat daarna streef om geleenthede te ontwikkel vir plaaslike gevestigde en opkomende musikante en kunstenaars in die Wes-Kaap. Die doelwit van die CTMA is ‘n openbare weldaadsaktiwiteit wat programme en projekte skep wat die werk van plaaslike musikante en die ontwikkelling van werksgeleenthede in die Suid-Afrikaanse musiekindustrie bewerkstellig. Vicky Davis, CTMA se programbestuurder sê: “In SA is daar heelwat ondersteuning vir klassieke musiek, maar kontemporêre musiek word dikwels agtergelaat. Tog het ons van die beste kontemporêre musiektalent en kan ons musikante met wêreldstandaarde meeding as hulle net die geleentheid kan kry. Daarom wil die CTMA graag die gaping aanspreek deur geleenthede te skep vir kontemporêre musikante, beide opkomend en gevestig. Ons idee is om ons plaaslike musiektalent meer opvoer- en opneemgeleenthede te bied en om ons musikante deur internasionale uitruilprogramme op wêreldplatforms te kry waar hulle hoort. En dit is presies wat die projek, Afrique mon désir / Afrika my verlange regkry: Die Afrique mon désir produksie word in Maart en April by die Woordfees en KKNK uitgevoer en sal ook in Junie vanjaar in Frankryk, Nederland en België aangebied word.”

Die Afrique mon désir-album beskikbaar by www.laurindahofmeyr.co.za/winkel en word ook vanaf Maart 2018 internasionaal deur die Franse maatskappy In Ouie Distribution versprei.

Afrique mon désir




2 Opinies:

Gee jou mening







Gereeld gelees

11 Julie 2010
Musiek
Verklarende Afrikaanse Woordeboek
Die Verklarende Afrikaanse Woordeboek (waarvan die eerste uitgawe reeds 70 jaar gelede verskyn het) is die handwoordeboek waarin die grootste versameling trefwoorde in Afrikaans verklaar word.
08 November 2012
Musiek
Kort grappe
Jou ma is so kort, mens ...
27 November 2010
Musiek
Die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte
Die vierde, uitgebreide uitgawe van Die Mooiste Afrikaanse Liefdesgedigte is nou chronologies georden, sodat lesers kan sien hoe die Afrikaanse liefdesgedig oor die afgelope eeu ontwikkel het.
24 Mei 2012
Musiek
Kort grappies
Wat is die verskil tussen ’n voël en 'n vlieg?
15 November 2005
Musiek
Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom
Op elke nuwe blaadjie wat omgeslaan word, is daar vir nuuskierige agies interessante brokkies en stories oor hoe van Afrikaans se bekendste en minder bekende uitdrukkings ontstaan het.

Onlangse kommentaar

Zenzi Makeba Lee & Amanda Tiffin | Roekeloos
2018-05-31 13:32:27
[…] meer inligting oor Zenzi Makeba Lee Zenzi Makeba Lee & Amanda Tiffin Genre: Jazz Taal...
Stoffel: die beste stories | Roekeloos
2018-05-30 14:35:38
[…] (2004), Stoffel se veldnotas (2007), Stoffel in Afrika (2010), Stoffel op safari (2012) en...
Anja Louw
2018-05-29 16:54:12
Ek wil net graag weet wat het jou geinspireer om hierdie gedigte te skryf?...

Advertensie

Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief 'n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD | Ons toets tans ’n kode om wiskundige probleme op te los met behulp van gebruikers se blaaiers; om nie afhanklik te wees van advertensies nie.