Adam September en die Nazi-skat

Die Nazi’s het aan die einde van die Tweede Wêreldoorlog ‘n skat in Duitswes-Afrika kom wegsteek. Die hele ekspedisie het in die woestyn vergaan en die skat het ‘n legende geword.

In 1979 word ‘n joernaal in die woestyn opgetel en die legende kry ‘n tweede asem.

Heintz Himler en sammajoor Wolf Basson is die bloedhonde wat vir Adam September en sy seun Jodi jag. Adam weet iets, maar hy’s nie seker wát nie. Heintz weet meer as wat hy voorgee, maar steeds minder as Adam. Jodi is ‘n dief met ‘n goeie hart en Wolf is so dom soos sand … woestynsand.

‘n Aksie-komedie met ‘n tikkie Indiana Jones en ‘n knypie Lara Croft.

Aangebied deur GZ Productions. Première.
Aanspraakmaker op die AngloGold Ashanti/Aardklop-Smeltkroesprys.

Met Marius Weyers, Ben Kruger, Ivan Abrahams en Christo Davids.

Aardklop 2009

(Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za)

Sluit aan by die Gesprek

1 Kommentaar

Lewer kommentaar

Leave a Reply