Stuur jou resensies na bydraes by roekeloos.co.za
Die Boer se voortreflike Liewe Heksie en die Wals word eersdaags opgevolg met ‘n nuwe treffer deur dieselfde span.
Pippie Langkous of te wel Pippalotta Provianda Rolgordyna Kruisementa Efraimsdogter Langkous, bly in huis Winderuis saam met haar Perd en apie, Meneer Jakobs. Maar hoewel daar niks grootmense is nie, is Pippie niks bang nie. Nee want die lewe is vir haar ‘n groot avontuur.
Op ‘n dag besoek haar Oumagrootjie haar met ‘n brief en kaart met skatte op van haar pa, die mensvreterkoning van Kerrieklappereiland. Pippie moet die brief soos goud op pas. Maar o, wee daar is ‘n honger seerower wat alte graag in Pippie se erf rond snuffel. Om nie te praat van die nare mensvreter (nie Pippie se pa nie- hy is ‘n liewe mensvreter) wat graag sy kloutjies op die skatte wil kry.
Julle moet gaan kyk hoe draf hierdie rooikop dogtertjie die hele wêreld kaf.
Teks en regie: Margit Meyer-Rödenbeck
Met: Deon van Zyl en Nelmari Brand

Lewer kommentaar