Op Saterdag 11 April 2009 gaan daar ‘n poging wees om die wêreld se grootste paasbolletjie te bak. Dit gaan plaasvind by die CapeGate winkelsentrum in Brackenfell, Kaapstad. Die bakkery begin reeds op die Vrydag met Wynand du Plessis van Extreem Kwizeen Catering wat aan die roer van sake sal staan. Teen 15:00 die Saterdag behoort die bolletjie reg te wees en kan die publiek stukke daarvan koop teen R2. Alle wins gaan aan die Animal Anti-Cruelty League.
Die rekord word tans gehou deur ‘n bakker van Littlehampton, West Sussex in Engeland, wat ‘n paasbolletjie van 42,8 kg gebak het.
Discover more from Roekeloos.co.za
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
