Pieter Fourie bou met Faan se stasie in 1976 voort op die sukses van Faan se trein ‘n jaar tevore.
Hoewel daar kontinuïteit in terme van karakters en gebeure tussen die twee dramas bestaan, is Faan se stasie ‘n selfstandige stuk. Faan is nou ontwortel van sy eie bekende klein wêreld, maar steeds fanaties gemotiveerd om sy trein op pad na die inrigting vir geestelik versteurdes te kaap. Sy kordate, bisarre poging loop tragies skeef en hy vind sy finale stasie in die blou van sy liewe Jesus se eie hemel.
Met Paul Eilers, Deon Lotz, Yolandé Rabé, Francois Potgieter en Vicky Stemmet