Arno

Ons het Arno leer ken as deel van die sangduo Arno & Susan van Zing-faam.

Arno se debuut solo-album, Altyd, bestaan uit 14 lekkerluisterliedjies, waaronder ‘n duet met Steve Hofmeyr.

Al is hy nog ‘n taamlike jongeling in die musiekbedryf, het hy al die verhoog met kunstenaars soos Smokey, Steve Hofmeyr, Kurt Darren, om net ‘n paar te noem, gedeel. Ons het hom selfs as gaskunstenaar op SABC2 se 7e Laan-Oujaarskonsert van 2004 gesien. Hierdie man gaan nog diep spore trap in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf, wag en kyk self!

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar