Song of the Sparrow

Margaret Stuart se vertoning Song of the Sparrow bestaan uit Engelse vertalings en verwerkings van die musiek van Edith Piaf waarmee daar veral gepoog word om Piaf se musiek meer kommersieël aanvaarbaar te maak.

Stuart sing reeds die afgelope vier jaar haar unieke vertolkings van die werk van Piaf en dit kon ook nie anders as om Piaff die eer met die produksie te betoon nie.

“Mense wat my nie ken nie, sal weet wie ek is na hulle die vertoning bygewoon het” sê Stuart. Die produksie is met groot omsigtigheid aangepak om te verseker dat Stuart haar eie stempel op, wat baie mense as ‘n deurtrapte genre beskou, af te druk. Ten spyte van baie se vooroordele het sy haar nie van stryk laat bring nie om dié liefde met ander te deel en dis veral haar weergawes van Au Revoir, Love is like champagne en The three bells wat mense laat regop sit. Die onkonvensionele verwerkings en Stuart se sjarme is ‘n kombinasie duisend!

Song of the Sparrow word op Donderdag, 28 April en Vrydag, 29 April om 20:00 aangebied in die Ou Meulteater in die Paarl. Kaartjies vir die 28ste is R20 elk en dié vir die 29ste is R60 elk en sluit ‘n kaas-en-wyn vingerete in vanaf 19:30.

Lewer kommentaar

Leave a Reply