Sou die Suid-Afrikaanse regering dit oorweeg om 1 minder korvet vir die vloot te koop, sal hulle die land se 2 500 onderbetaalde staatsaanklaers se salarisse kan verdubbel binne 3 jaar.
Dit het die Institute for Security Studies (ISS) verlede week bekend gemaak. Een van die navorsers beweer die staat se aanspraak, dat hulle nie geld het vir aanklaers nie, is van alle waarheid ontbloot. Hy het gesê dat misdaad op die stadium ´n groter bedreiging vir die land is as ´n moontlike see-aanval van ´n ander moondheid.
