The Last Samurai

Met: Tom Cruise & Billy Connolly
Regisseur: Edward Zwick

Alweer my “gunsteling” akteur, Tom Cruise. Die ergste is dat ek geen ander uitweg het as om die film te prys waarin hy speel nie.

The Last Samurai is ´n epiese skouspel van geweld en ´n mooi eerbetoon aan die samoerai-flieks van weleer.

Tom Cruise is Kaptein Nathan Algren, ´n Amerikaanse soldaat gehuur deur die Japanese regering om soldate op te lei. Hy word gevange geneem tydens ´n geveg teen die samoerais. Hy besluit om kante te ruil en sluit hom aan by die rebelse groep samoerais.

Ongelukkig gebruik die film Cruise om die storie te verkoop en hy is nie talentvol genoeg om ´n epiese verhaal te dra nie. Tog beleef hy hier en daar ´n oomblik van briljantheid.

Edward Zwick het ´n grasieuse film gemaak. Dit is visueel mooi en die aksie is realisties. Dit is wonderlik om na ´n indrukwekkende gevegte te kyk wat sonder die hulp van moderne tegnologie gemaak is.

Indien Edward Zwick se Glory vir jou ´n treffer was sal jy beslis hou van The Last Samurai.
6/10

Lewer kommentaar

Leave a Reply