ABSA-veldrenkampioenskap maak gereed vir meer groei

‘n Nnuwe seisoen wink en die Absa-Veldrenkampioenskap kyk na selfs verdere stabiliteit en groei in 2011.

Die seisoen open met die Adenco 400 wat op 11 en 12 Maart by Darling in die Wes-Kaap aangebied word en die kampioenskap sal weer uit agt byeenkomste regoor Suid-Afrika en Botswana bestaan. Die Absa-reeks is ‘n juweel in die Motorsport Suid-Afrika-kroon en die Suid-Afrikaanse Nasionale Veldrenvoertuig-Assosiasie (SANORCRA) sal weer ‘n pro-aktiewe houding in die adminstrasie van die kampioenskap speel.

“Laas jaar was ‘n moeilike jaar met die FIFA-Wêreldbeker-sokkertoernooi wat die kalender in die middel van die jaar onderbreek het,” het SANORCA se voorsitter, Richard Schilling, gesê. “Ten spyte van die onderbreking het die kampioenskap deur ‘n uiters suksesvolle fase gegaan en die sport het bemoedigende groei op nasionale en streeksvlak getoon.

“Als keer vanjaar terug na normaal toe en behalwe vir een die uitsondering, lyk die kalender bekend en ons sal weer eens pro-aktief daarin wees om te verseker dat die kampioenskap voortdurend groei.”

Schilling het bygevoeg dat daar ‘n soliede basis is om van te werk en SANORCA sal voortgaan om nou saam met Absa as die die hoofborg en Donaldson Filtration Systems, Ford en Toyota as vennote te werk. Die assosiasie sal ook voortgaan om oop kommunikasiekanale met byeenkoms- en spanborge asook met deelnemers te handhaaf.

Wat die kalender betref het Schilling gesê dat die enigste groot verandering in terme van die Atlas Copco Battlefields 400 op 20 en 21 Mei is. Nadat dié byeenkoms vir jare by die Eston Farmer’s Club naby Pietermaritzburg gebaseer was, sal dit vanjaar na Dundee in die KZN-middellande verskuif.

Schilling het bygevoeg dat geselekteerde renne in die Noordelike en KwaZulu-Natal-streekskampioenskappe ook weer in samewerking met nasionale kampioenskaprenne aangebied sal word. Dit blyk dat dié proefneming in 2010 suksesvol was en dit was een van die redes vir voortdurende groei op grond- en nasionale vlak.

“Dit was bemoedigend om ‘n hoeveelheid streeksdeelnemers te sien wat op ‘n gereelde basis aan nasionale byeenkomste deelgeneem het,” het Schilling gesê. “Ons sal voortgaan om na die sport op grondvlak te kyk, maar die algemene voorspelling vir veldrenne is goed en ons is reg vir nóg ‘n fantastiese kampioenskapseisoen.”

Die Absa-reeks sal ook met die strategie voortgaan om ‘n voltydse hoofrenbeampte, permanente hoofroetebeamptes, hoofbeamptes en -mediese offisier asook MSA Steward te hê. Adri Roets sal weer as die hoofrenbeampte diens doen; Joe Fourie en Rex Boreham sal voortgaan om die roetebeampte se pligte te deel met Francois Jordaan wat as permanente MSA Steward sal dien. Theuns Beer sal die voltydse hoofbeampte wees met Rolf Schana van MMC wat na die mediese behoeftes sal omsien.

“Dié stelsel verskaf eenvormigheid en stabiliteit in terme van die organisering van byeenkomste,” het Schilling gesê. “Almal is uiters ervare en beskik oor ‘n goeie verhouding met ander renbeamptes en deelnemers.”

bydrae: Charmaine Fortune

Lewer kommentaar

Leave a Reply