Jack Parow se vloekery pla 94.5 Kfm-luisteraars

Die radiostasie 94.5 Kfm is oorval met klagtes oor Jack Parow se optrede by die K-Day musiekfees op die Val de Vie-wynlandgoed buite die Paarl op 19 Maart.

Luisteraars kla kla oor Parow se vloekery op die verhoog. 94.5 Kfm belowe mense nou dat Parow nie sal vloek nie en “skoon” weergawes van sy vuil kletsrym sal opvoer.

Ander kunstenaars op die program is Arno Carstens, ­Prime Circle, Loyiso, Danny K, Flash Republic, La Vuvuzela, Good Luck, Chad Saaiman en Dr Victor and the Rasta Rebels.

Die K-Day musiekfees word geborg deur 94.5 Kfm en Santam.

Jack Parow
Jack Parow

Lewer kommentaar

Leave a Reply