Anonymous slaan terug

Vanoggend vroeg het die polisie in Nieu-Seeland die hoof van MegaUpload, Kim Schmitz en nog drie vennote gearresteer en die webwerf gesluit. MegaUpload het ‘n diens verskaf waardeur jy lêers wat te groot is vir e-pos aanlyn kon deel met ander.

MegaUpload is tans betrokke in ‘n hofgeding met Universal Music oor ‘n video wat Universal glo verkeerdelik van YouTube laat verwyder het.

In reaksie het die kubervryheidsgroep Anonymous ‘n paar minute gelede ‘n aanlyn aanval geloods op onder andere Universal Music en die FBI. Verskeie Anonymous lede van oraloor die wêreld het saamgespan en was suksesvol daarin om al die geteikende werwe van die lug af te haal en die Amerikaanse regering ‘n gevoelige knou toe te dien.

Intussen is MegaUpload terug by 109.236.83.66.

Lewer kommentaar

Leave a Reply