Die Arabiese Bond (Arabies: جامعة الدول العربية, Jāmiʿa ad-Duwal al-ʿArabiyya) is ’n organisasie van Arabiese state gestig in 1945. Die doel van die organisasie is om politieke optrede te koördineer, onafhanklikheid te beveilig en om samewerking op ekonomiese, kulturele en sosiale gebied te bevorder.
Lidlande Algerië, Bahrein, Comore-eilande, Djiboeti, Egipte, Irak, Jemen, Jordanië, Katar, Koeweit, Libanon, Libië, Marokko, Mauritanië, Oman, Palestina, Saoedi-Arabië, Sirië, Soedan, Somalië, Tunisië en die Verenigde Arabiese Emirate.