ASA baas betaal R1 vir Merc

Leonard Chuene, die voormalige hoof van Atletiek Suid-Afrika (ASA) het net R1 vir ‘n E-klas Mercedes-Benz betaal.

Die ASA het die motor asook drie ander motors vir R1 elk aan ASA-beamptes verkoop.

Die voormalige raad van ASA is afgedank vir beweerde finansiële wanbestuur en die probleme rondom Caster Semenya.

Hierdie inligting is deur Ray Mali, administrateur van ASA, aan eNews onthul.

Lewer kommentaar

Lewer kommentaar