Daar sal eersdaags meer as 1 000 mense wees wie se laaste rusplek nie op aarde is nie.

Ons sal hierdie merk verbysteek wanneer die maatskappy Celestis se volgende (begrafnis-)vlugte in 2017 vertrek. Die maatskappy Elysium Space bied ’n soortgelyke diens aan.

NASA het die eerste begrafnis in die ruimte ingeneem gehou toe die skepper van Star Trek, Gene Roddenberry, se oorskot vir ’n vlug gestuur is op die Colombia pendeltuig in 1992. Roddenberry is later permanent die lug ingestuur met die eerste privaat onderneming, Celestis, se Pegasus-vuurpyl wat 24 mense in ’n wentelbaan om die aarde geplaas het op 21 April 1997. Behalwe vir Roddenberry was oorskot van die bekende akademikus en skrywer Timothy Leary ook aan boord. Die groep het elke 96 minute om die aarde gewentel tot in 2002 toe hulle permanent uitgebrand het bokant Australië.

Daar is ook al een persoon op die maan begrawe. Die sterrekundige Eugene Shoemaker se as is aan boord van NASA se Lunar Prospector op 31 Julie 1999 in die maan vasgevlieg.

Dan is daar ook Clyde Tombaugh, die enigste persoon wat vêrder as die maan gegaan het. ’n Gedeelte van Tombaugh se as is op die New Horizons ruimtetuig wat NASA in 2006 na Pluto gestuur het. Tombaugh was die enigste Amerikaanse sterrekundige wat ’n planeet, Pluto, ontdek het. New Horizons het intussen die sending na Pluto voltooi en daar is besluit dit nog in ’n toestand is om verder te gaan. NASA hoop om die Kuiper Riem daarmee te verken in 2019. Die hoop is om New Horizons nog aan die gang te hou tot 2021.

Celestis het ook in 2014 met ’n nuwe diens vir troeteldiere begin, Celestis Pets.

Toe Shoemaker se oorskot na die maan gestuur is, is dit vergesel van ’n gedeelte uit William Shakespeare se Romeo and Juliet:

And, when he shall die,
Take him and cut him out in little stars,
And he will make the face of heaven so fine
That all the world will be in love with night,
And pay no worship to the garish sun

Lockheed Martin Atlas 5 met New Horizons
Lockheed Martin Atlas 5 met die New Horizons aan boord verlaat die aarde op 19 Januarie 2006. (foto John J Rice)

Lewer kommentaar

Leave a Reply