Bewerings bestaan wat dit wil hê dat sekere inwoners van Caledon bobbejane eet. Die bobbejane word glo in strikke gevang naby die dorp se stortingsterrein.
Daar word ook beweer sommige persone verkoop dooie bobbejane aan mense wat dit nie self kan vang nie. Die bobbejane kan tuberkulose onder lede hê weens die rook by die stortingsterrein.
