Bobby se besering – Die “ware” storie

Hoe het Bobby Skinstad werklik aan daai besering gekom? Dit was die vraag op almal se lippe nie te lank terug nie. Die ware feite het egter nou aan die lig gekom.

Die aand na die wedstryd, by die dinee, het Bobby heel “opgeruimd” geraak en begin skoor soek met die manne van New Zealand. Die ouens het sy attensies egter hoflik van die hand gewys. Mnr. Skinstad was egter nie baie ingenoeë hiermee nie en het hulle bussie agtervolg na die hotel. Op die N1 het hy tot langs die bussie gery en sy ruit afgedraai om vir hulle tong uit te steek. Met die het hy beheer oor sy motor verloor toe sy tong in sy gesig waai.

Lewer kommentaar

Leave a Reply